Fakulteitsnuus

Fakulteitsnuus

Fakulteitsnuus

Verdere verlaging in rentekoerse is nog waardevolle verligting

Die Monetêre Beleidskomitee (MBK) het die repokoers met ʼn verder 50 basispunte op 21 Mei verlaag. Prof Raymond Parsons, bekende ekonoom en akademikus van die NWU Besigheidskool, sê dit onderstreep die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) se voorneme om in die lig van die ekonomiese impak van die verlengde Covid-19-inperking die nodige monetêre steun te verskaf.

Dit is hoekom jy sukkel om te slaap

As jy in die vroeë ure van die oggend op enige sosialemediaplatform inskakel, sal jy heel waarskynlik ’n klomp mense aanlyn aantref. Sedert die land ’n paar weke gelede as gevolg van Covid-19 die staat van inperking betree het, sukkel Suid-Afrikaners om aan die slaap te raak.

Covid-19, die virus van onsekerheid: die domino’s in die ekonomie val een vir een

Die Covid-19-virus veroorsaak ongeëwenaarde onsekerheid op ’n wêreldwye skaal. ’n Ekonoom van die Noordwes-Universiteit (NWU) sê dat die impak van die pandemie waarskynlik erger gaan wees as dié van die Spaanse griep van ’n eeu gelede.

Romeo haal die podium in die #ZAVentilatorChallenge 

Daar is regoor die wêreld groot bekommernis oor die tekort aan mediese toerusting – veral ventilators – vir die stryd teen die Covid-19-pandemie. Namate die getal bevestigde gevalle in Suid-Afrika daagliks toeneem, berei die privaat en openbare sektor hul vir die verwagte behoefte voor, maar dit is nog onduidelik of ons genoeg ventilators sal hê indien die voorspelde golf infeksies ons sou tref.

Fnuik koronavirus-voedseltekorte só

Dit is geen geheim dat miljoene Suid-Afrikaners tans gebuk gaan onder die impak van die inperkingsregulasies wat as gevolg van die koronavirus ingestel is nie. Die gebrekkige toegang tot voedsel is waarskynlik die grootste tragedie omdat miljoene landsburgers nie weet waar hulle volgende ete vandaan sal kom nie.

Prof hardloop 1 100 rondtes om honger te help verlig 

Op die oggend van 24 April het prof Dewald van Niekerk sy hardloopskoene aangetrek en om sy huis in Potchefstroom begin hardloop. Dit was 10:30. Toe hy uiteindelik ophou en sy skoene uittrek – vier-en-twintig uur en tien minute later – het hy 1 100 keer om sy huis gehardloop en ’n afstand van 110 km afgelê.  

NWU-kundige in neonatale sorg baan die weg

Wat verloskunde, neonatale sorg en verpleegkundenavorsing betref, is die naam van die Noordwes-Universiteit se prof Welma Lubbe die eerste een wat by jou opkom.

Inperkingstrategie gee Suid-Afrika kans om gereed te maak – NWU-viroloog

Terwyl Suid-Afrika voorberei om die beperkings te verslap wat daarop gemik was om die verspreiding van Covid-19 te verhoed, deel prof Albie van Dijk, ’n viroloog van die Noordwes-Universiteit (NWU), haar sienings oor die land se stryd teen die pandemie.  

Nuwe NWU-stem vir gewilde radioprogram

Die Noordwes-Universiteit was jare lank ’n teenwoordigheid wat luisteraars op die baie gewilde weeklikse omgewingsradioprogram, Omgewingspraatjies, ingelig en vermaak het. Daar word op hierdie tradisie voortgebou met ’n nuwe kundige wat in die voetspore van sy NWU-kollegas volg.

Kom bymekaar om ’n groeirevolusie in Afrika te laat ontvlam

“Waarom wil ’n mens die wiel van vooraf uitvind wanneer ander soortgelyke uitdagings ervaar, en almal saam daarin kan slaag om ’n groeirevolusie te laat ontvlam?”