Die Noordwes-Universiteit (NWU) se prof Elmarie van der Schyff van die Fakulteit Regte is as regter in die Gautengse afdeling van die Hoë Hof aangestel nadat president Ramaphosa haar aanstelling hierdie week bekragtig het.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte het onlangs ’n feestelike galageleentheid in Potchefstroom gehou, waar studente, personeel, alumni, en belanghebbers die dertigste herdenking van onder andere die Konvensie oor die Regte van die Kind gevier het.
’n Span derdejaarstudente van die Fakulteit Regte op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Mahikeng is hierdie jaar se wenner van die gewilde jaarlikse NWU Juta-skynverhoorkompetisie wat op 20 Augustus in Potchefstroom plaasgevind het.
Die opwindende finale rondte van die Noordwes-Universiteit (NWU) se jaarlikse skynverhore, wat deur die Fakulteit Regte in samewerking met Juta aangebied word, sal op 20 Augustus by die Sanlam-ouditorium op die kampus in Potchefstroom plaasvind.
’n Beskermengel word omskryf as ’n engel wat ’n bepaalde persoon teen gevaar of kwaad beskerm, en dit is presies wat die twee jaar oue Labrador, Amberley, vir haar eienaar, Lindi Opperman, is.
Op 23 Mei 2019 het die Noordwes-Universiteit (NWU) erkenning gegee aan ’n ervare en gerespekteerde individu op die gebied van die regte vir die geweldige rol wat sy in die bevordering van demokrasie in Suid-Afrika, met die bevordering van goeie regering en verantwoordbaarheid as haar eerste prioriteit, gespeel het.
Die bestuur van die Noordwes-Universiteit (NWU) is verheug oor die onlangse aankondiging deur die Raad van Hoër Onderwys (RHO) dat die NWU se BA Regte- (LLB-) program volle akkreditasie ontvang het. Die RHO se besluit hou verband met die voorlegging van die NWU se Vorderingsverslag in Oktober 2018.
Gradeplegtighede is gedenkwaardige mylpale in die lewens van studente wat die laat nagte, tyd en energie ingespan het om een tree nader aan hulle drome te kom, en Jeanne-Mari Viviers blyk ’n inspirasie vir almal te wees.
Meer as 200 mense het aan die Noordwes-Universiteit se bewusmakingsoptog deelgeneem om die 25ste herdenking van die Handves van Regte en die 30ste herdenking van die Konvensie oor die Regte van die Kind (CRC) te gedenk.
Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Fakulteit Regte sal in die loop van 2019 verskeie gebeurtenisse aanbied om die 25ste herdenking van die Handves van Regte en die 30ste herdenking van die Konvensie oor die Regte van die Kind (CRC) te vier.