Eiendomsmagnaat by NWU-gradeplegtigheid vereer

Belinda Bantham -- Thu, 10/17/2019 - 13:09

Eiendomsmagnaat by NWU-gradeplegtigheid vereer

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het op Donderdag, 17 Oktober 2019, ʼn eredoktorsgraad aan mnr Keith Bothongo tydens die Lentegradeplegtigheid op die kampus in Mahikeng toegeken.

Die twee dag gradeplegtigheid het die einde van ʼn lang, tog opwindende reis aangekondig vir die meer as 246 graduandi wat hul grade en diplomas ontvang het. ʼn Totaal van 20 doktorsgrade is toegeken.

Keith was die eerste swart Suid-Afrikaner om in 1996 as ʼn eiendomswaardeerder geregistreer te word. Hy het in 2018 die hoogaangeskrewe Leeftydprestasietoekenning van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Swart Eiendomsberoepspersone (South African Institute of Black Property Professionals) ontvang.

Hy is in Soweto, Johannesburg gebore, en bly tans saam met sy familie in Milton Keynes in die Verenigde Koninkryk. Hy is ʼn lid van die Universiteit van Buckingham se Adviserende Raad vir Ontwikkeling en Innovasie.

Volgens sy CV is Keith die beskermheer van die Keith Bothongo-stigting. Sy liefde vir onderwys en passie om mense te bemagtig het die stigting tot op hede in staat gestel om 70 studente uit minderbevoorregte agtergronde met volledige beurse by verskeie universiteite in Suid-Afrika te befonds.

Keith, ʼn alombekende en gerespekteerde besigheidsman in die eiendomsbedryf regoor die wêreld, besit en is die voorsitter van die Bothongo-groep, ʼn multimiljardrand-eiendomsmaatskappy wat belange in verskeie Suid-Afrikaanse en internasionale kommersiële ondernemings het.

Keith het ʼn baccalaureusgraad in ekonomie en statistiek, meestersgrade in administrasie en internasionale bestuur, sowel as ʼn LLB-graad. Hy is tans ingeskryf vir ʼn doktorsgraad in besigheidsadministrasie by die Sweedse Besigheidskool in Zurich, Switserland.

Die NWU is bevoorreg om hierdie eredoktorsgraad aan hierdie formidabele man toe te ken.

Die NWU het op Donderdag, 17 Oktober 2019, ʼn eredoktorsgraad aan mnr Keith Bothongo (middel) toegeken. Saam met hom is prof Dan Kgwadi, visekanselier (links) en Tiego Kgomo, adjunkvoorsitter van die NWU Raad (regs).