2018 Ingenieurswese-week skop af

Marelize Santana -- Mon, 07/09/2018 - 09:48

2018 Ingenieurswese-week skop af

Die wiele is aan die rol en die jaarlikse ingenieurswese-week op die Noordwes-Universiteit (NWU) se kampus in Potchefstroom het begin. Hierdie geleentheid is op hoërskoolleerders in Graad 10 tot 12 gemik, en strek van 3 tot 5 Julie 2018.

Die ingenieurswese-week het ten doel om leerders aan die verskillende skole van ingenieurswese bloot te stel en die verskeie projekte waaraan hulle sal deelneem, sal hulle vir hul toekomstige ingenieurswese-studies voorberei. Dit gee vir hulle ook ʼn idee van wat om te verwag wanneer hulle met hul studies begin, en lig hulle in oor toekomstige loopbaangeleenthede.

Die ingenieurswese-week bied ‘n propvol program wat leerders in staat stel om meer te leer en te ontdek en die ingenieurswese-veld met die hulp van die NWU se kundige dosente te geniet.

Die NWU se ingenieurswese-week vir Graad 10 tot 12-leerders is in volle swang.